​10 Idees om vertrekke op te breek met binnemure

Johannes van Graan Johannes van Graan
TREVINO CHABRAND Taller de Arquitectura, TREVINO.CHABRAND | Architectural Studio TREVINO.CHABRAND | Architectural Studio ห้องนั่งเล่น
Loading admin actions …

Oopplan vertrekke kan pragtig en prakties wees (om nie eers van “trendy” te praat nie), maar daar is soms tye wanneer mens nie nodig het om soveel spasie te hê nie. En dis dan wanneer ‘n binnemuur die beste uitweg kan wees om een groot vertrek op te breek in twee (of selfs meer) kleiner spasies.

Kom ons beloer 10 wenke wat jou anders gaan laat dink oor die wonder van binnemure.

1. Watse soort muur soek jou vertrek?

House V Serrano+ ห้องนั่งเล่น

'n Basiese reël vir ‘n binnemuur is om die vertrek deeglik te bestudeer om die ideale plek vir die muur te vind. Dink baie mooi of daar 'n visuele band tussen die twee vertrekke moet wees, soos met ‘n kombuis en eetkamer, byvoorbeeld.

2. ‘n Halfmuur

homify กำแพง แผ่นไม้อัด

Nie alle mure hoef tot by die plafon te strek nie. ‘n Halfmuur kan nog steeds ‘n tikkie afsondering (selfs privaatheid) besorg sonder om daardie groot vertrek kleiner te maak.

3. Mure met ligte

Vistas del Sol, 2M Arquitectura 2M Arquitectura กำแพง

Een van die probleme met mure is dat hulle lig uitblok, maar soos hier gesien hoef dit nie ‘n probleem te wees nie!

4. ‘n Unieke struktuur

Wie’t gesê daardie muur moet perfek pas by die res van die vertrek se styl? Met die regte materiale (soos klip en hout), kleure en teksture kan daardie nuwe muur die hoofpunt van jou vertrek word.

5. Mure met meer as een doel

homify ห้องนั่งเล่น

Natuurlik hoef daardie muur nie net een doel (om die vertrek in twee op te breek) te dien nie – wat van iets prakties byvoeg, soos hierdie aanloklike klipkaggel?

6. Klein, dog kwaai

homify ห้องนั่งเล่น

Daardie binemuur hoef natuurlik ook nie van punt tot punt te strek nie – kyk hoe susksesvol werk hierdie struktuur om die leefruimte van die kombuis en ingangsarea te skei, en dan het dit boonop ook nog ‘n TV en vertoonkassies!

7. Om ‘n hoek

casa Limonero, MARIANGEL COGHLAN MARIANGEL COGHLAN ห้องนั่งเล่น

Jy kan ook die muur só plaas dit meer spasie in die hoek opvat as in die res van die vertrek – skuif net jou meubels en dekor sodat die uitleg prakties is.

8. Perfek ingepas

Daardie nuwe muur kan of mooi uitstaan of perfek inpas, en om met die tweede opsie te gaan beteken dit jy sal moet kyk watse kleure, patrone en materiale daar in die res van die vertrek gebruik is.

9. ‘n Muurnis

[Casa SD], Wowa Wowa ห้องนั่งเล่น

Moenie van muurnisse vergeet nie! Hierdie wonderlike elemente kan ook help met stoorspasie, asook om ‘n muur nie heeltemal so “swaar” te laat lyk.

10. Volg jou eie kop

Al is daar hoeveel reëls wanneer dit by argitektuur en ontwerp kom, moet mens aan die einde van die dag ook mens se eie kop volg. Onthou dat jy die een is wat in die huis moet bly en elke dag in die spasie en struktuur moet vaskyk. Laat dit jou inspireer om of die reëls deeglik te volg, of te eksperimenteer met iets anders. 

Kyk gerus na hierdie 7 maniere om oopplan vertrekke te skei.

ต้องการความช่วยเหลือสำหรับโปรเจคของคุณ?
ติดต่อเราได้เลย

ไฮไลท์จากนิตยสารของเรา