​7 maniere hoe om elektrisiteit te bespaar

Johannes van Graan Johannes van Graan
Arquitectura de Interiores - Copacabana, Rio de Janeiro, Brasil, Sara Santos Arquitecta Sara Santos Arquitecta ห้องทานข้าว
Loading admin actions …

Om minder elektrisiteit te gebruik beteken nie net dat jy minder gaan betaal nie, maar ook dat jy meer doen vir die omgewing, aangesien dit belangirk is om “groen” te leef deesdae. Danksy euwels soos aardverwarming het die afgelope dekade al hoe meer en meer maniere opgetower wat aan ons wys hoe om ons leefstyle een te pas en sodoende meer vriendelik teenoor natuurlike hulpbronne te wees.

Kom ons beloer ‘n paar wenke wat ons elektisiteitsverbruik en –rekening so bietjie kan laat daal…

1. Maak skoon!

Jip, ‘n vuil en deurmekaar spasie lyk natuurlik donkerder; dus, spring in en maak bietjie aan die kant om dinge op te helder. Jy sal verbaas wees hoe oop en lig daardie kombuis (en sitkamer en badkamer… ) gaan lyk sodra dit bietjie skoner is.

2. Werk met meer ligte kleure

APARTAMENTO 400m2 - AV BOA VIAGEM - RECIFE/PE, ROMERO DUARTE & ARQUITETOS ROMERO DUARTE & ARQUITETOS ห้องครัว

Sagte kleure soos wit, room en gryse maak ook ‘n groot verskil, aangesien dit ‘n vertrek ligter laat lyk, veral wanneer die natuurlike beligting van nommer 1 saamspeel. Terselfdertyd verseker ligte skakerings ook dat jou huis minder hitte trek, wat ook die behoefte aan konstante lugversorging verminder.

3. Gebruik meer natuurlike beligting

Jy hoef nie altyd ‘n lig aan te skakel nie, aangesien daar ander maniere is om ‘n vertrek op te helder. Glasmure en –deure, asook tamaai groot vensters, help beslis om minder elektrisiteit te gebruik deur die dag.

4. Gebruik LED-beligting.

Ousado!, Paulinho Peres Group Paulinho Peres Group ห้องครัว

LED beligting is dalk duur om aan te skaf, maar maak beslis ‘n groot verskil aan jou elektrisiteitsrekening daarna.

5. Hang meer spieëls

Arquitectura de Interiores - Copacabana, Rio de Janeiro, Brasil, Sara Santos Arquitecta Sara Santos Arquitecta ห้องทานข้าว ของประดับและอุปกรณ์จิปาถะ

‘n Spieël verdubbel als wat hy sien, wat beteken hy gaan ‘n vertrek groter en ligter laat lyk as wat dit is. Probeer spieëls naby jou beligting en ingangareas plaas om meer lig in jou vertrek te geniet.

6. Sagter beligting

Die gebruik van ‘n “dimmer” help nie net om minder elektrisiteit te gebruik nie, maar kan ook ‘n vertrek se atmosfeer aansienlik verander, van lig en sag tot romanties. Moet net nie vergeet om hulle heeltemal af te skakel wanneer jy gaan slaap nie!

7. Fokus!

homify ห้องนั่งเล่น

Maak seker jou ligte verlig die korrekte areas, soos donker hoekies en werkspasies in jou kombuis en studeerkamer. Dit sal maak dat jy nie onnodig ligte aanskaf nie.

Volgende op ons lysie: Hoe om jou huis uit te brei (sonder om te veel te betaal).

ต้องการความช่วยเหลือสำหรับโปรเจคของคุณ?
ติดต่อเราได้เลย

ไฮไลท์จากนิตยสารของเรา