​11 skeepsvraghouer idees vir jou tuin huisie

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify โรงรถและหลังคากันแดด ไม้ Wood effect
Loading admin actions …

Wanneer dit by skeepsvraghouer huisies (ook genoem ‘houer huisies’) kom, is baie mense nog skepties, en verkies eerder om hierdie strukture in hul tuine aan te bring as binne hul huise – smaak verskil ook mos maar.

Maar net indien jy nog nie daaraan gedink het om ‘n ou gebruikbare skeepsvraghouer as ‘n tuin huisie te gebruik nie, bring ons vir jou hierdie paar voorbeelde om jou te oortuig en inspireer…

1. Hierdie hout ontwerp kan heel gemaklik in ‘n welige tuin aanpas, en daardie lieflike stoepie bied soveel potensiaal.

2. ‘n Ekstra spasie

Garden room home office The Swift Organisation Ltd สวน

Met die regte materiale, kleure en meubelstukke, kan ‘n ou skeepsvraghouer ‘n heel gemaklike vertrek maak buite jou huis, soos ‘n studeerkamer of kantoor?

3. Perfek vir ontspanning

Ecocube, ecospace españa ecospace españa สวน เรือนกระจกและศาลา

Van huisie tot pergola, kyk net watse pragtige ontwerp geniet hierdie struktuur. Voeg ‘n paar plante en meubelstukke by, en jy’t jou eie klein stylvolle ontspanningshoekie in jou tuin.

4. Stylvol verander

Modern Garden Shed homify โรงรถและหลังคากันแดด ไม้ Wood effect storage,garden,modern,contemporary,sliding door,city garden,premium,quality,futuristic,stylish

Wie sal nou nee sê vir hierdie aantreklike ontwerp? Mens kan glad nie eers sien die struktuur in die agtergrond was eens op ‘n tyd ‘n skeepsvraghouer nie.

5. Van glas gemaak

homify โรงรถและหลังคากันแดด

Danksy groot glasdeure, geniet hierdie skeepsvraghouer ‘n super moderne styl wat nog meer aanloklik lyk.

6. ‘n Mobiele opsie

Downland Shepherd Hut Downland Shepherd Huts โรงรถและหลังคากันแดด

Al ooit daaraan gedink om wiele by te voeg en daardie houer huisie in ‘n woonwa te omskep?

7. Voordele

Container Architektur / Häuser aus Seecontainern, Elbtainer GmbH Elbtainer GmbH

Watse voordele is betrokke wanneer mens ‘n ou skeepsvraghouer in ‘n tuin huisie verander?

• Dit is eko-vriendelik. 

• Dit spaar kostes (om een van voor af te moet bou kan jou baie duurder uitwerk). 

• Dis maklik vervoerbaar. 

• Dit kan tjop-tjop opgestyl en verander word om by jou dekor smaak te pas.

8. Nog een en nog een…

homify บ้านและที่อยู่อาศัย

Wie sê jy moet stop by een? ‘n Paar houer huisies saam kan ‘n heel treffende ontwerp skep.

9. ‘n Voorbeeld van Johannesburg

6m x 2.4m Container House, A4AC Architects A4AC Architects บ้านและที่อยู่อาศัย

Hierdie voorbeeld van ‘n houer huisie uit Johannesburg wys jou net hoe pragtig dit verander en opgestyl kan word.

10. Voeg ‘n stoepie by

Las ‘n stoepie, afdakkie en paar meubelstukke by, en jy het jou eie unieke huisie om mee te spog.

11. Versierings

Deel van die pret is natuurlik om dekor en versierings vir die binnekant uit te kies!

Vir nog ‘n pragtige voorbeeld, loer gerus na Die ongelooflike Suid-Afrikaanse skeepsvraghouer huis.

ต้องการความช่วยเหลือสำหรับโปรเจคของคุณ?
ติดต่อเราได้เลย

ไฮไลท์จากนิตยสารของเรา